top of page
Redaksioneel 

Kerkhervorming 500

​

Die lankverwagte hoogtepunt
van die 500-jaar-feesvieringe
het aangebreek:

Oktober 2017.

Wat het ons in hierdie feesjaar verwag?

Wat het ons in hierdie feesjaar vermag?

Het ons onder die indruk gekom
van dit wat 500 jaar gelede gebeur het?

Kon ons identifiseer
met die stryd van 500 jaar gelede?

Het ons oë oopgegaan
vir die ooreenkoms tussen wat vandag gebeur
en die stryd om die geloof van destyds?

Sien ons vandag se meesternarratiewe
– ook binne die kerk – 
en hoeveel ooreenkoms daar is
met die mense, metodes en gebeure
van 500 jaar gelede?

En is ons bereid om óp te staan?

Of het ons net maar
nog ’n historiese geleentheid gevier?

Hoe gaan ons die insigte van die Kerkhervorming
in ons toekoms,
op ons pad met God 
– ook in die kerk – 
uitleef?

95 stellings vir vandag?

Opstaan teen onreg,
teen menslike sekerhede,
selfbelang,
selftevrede waarhede,
meesternarratiewe
en 
gesanksioneerde sisteme?

Hier staan ek, ek kan nie anders nie...
 

Dr Wian Kloppers
bottom of page